Die CLAAS familie brei uit
Die CLAAS familie word al groter, soos duidelik geblyk het toe CLAAS handelaars van oral in die land in Maart vanjaar in Mpumalanga saamgetrek het vir Barloworld Equipment Agriculture se tweede jaarlikse CLAAS handelaarskonferensie. Die CLAAS handelaarsnetwerk is die afgelope jaar verder verstewig om goeie verspreiding van en dienslewering op CLAAS se vollyn-produkreeks te verseker, en nuwe handelaars is tydens die tweedag-konferensie amptelik tot die CLAAS familie verwelkom.
Die konferensie is bygewoon deur ‘n sterk CLAAS span uit Duitsland, onder wie Jens Skifter (hoof van verkope – uitvoermarkte), Charlie Meyer (streeksverkoopsbestuurder), Sven Olof Schacht (streeksdiensbestuurder) en André Schau (streeksonderdelebestuurder).
Nuwe produkte en ontwikkelings is tydens die konferensie bekend gestel en strategiese aangeleenthede ten opsigte van vollyn CLAAS produkreeksverspreiding is bespreek. Die konferensie het ook aan Barloworld Equipment Agriculture die geleentheid gebied om erkenning te gee aan handelaars vir uitstekende prestasies.

Gert Diedericks van Balfour Treklanddienste (links) ontvang ‘n toekenning vir die vestiging van handelaarsfasiliteite van hoogstaande gehalte van Godfried Heydenrych, senior hoofbestuurder van Barloworld Equipment Agriculture & Handling.

Theo Diedericks (links), ook van Balfour Treklanddienste, kry ‘n toekenning vir dienslewering en tegniese steun van Sven Olof Schacht van CLAAS.

Natal Mechanised Farming het presteer in die bemarking van en besigheidsontwikkeling ten opsigte van die vollyn CLAAS produkreeks. Hier ontvang Craig Markham van NMF (regs) die toekenning van Jens Skifter van CLAAS. Craig het ook namens Joe Phelan die toekenning ontvang vir prestasie in CLAAS trekkerverkope.

André Schau van CLAAS (regs) oorhandig die toekenning vir prestasie in onderdeelverkope en –bestuur aan Basil Nieuwoudt van MKB.

Balfour Treklanddienste het dit drie in ‘n ry gemaak met erkenning aan Gerhard Diedericks vir uitsonderlike prestasie in die verkoop van hooi- en oesmasjinerie. Die toekenning is oorhandig deur Charlie Meyer van CLAAS