Sitemap  
Terms & Conditions  
Article
14 June 2007 ZYNX nou beskikbaar met CLAAS
Brooke Browde
In reaksie op die groeiende vraag na betroubare inligtingstegnologiestelsels vir presisieboerdery het Barloworld Equipment Agriculture ‘n vennootskap met Information Technology Engineering (ITE) gesluit

ZYNX nou beskikbaar met CLAAS

In reaksie op die groeiende vraag na betroubare inligtingstegnologiestelsels vir presisieboerdery het Barloworld Equipment Agriculture ‘n vennootskap met Information Technology Engineering (ITE) gesluit om ZYNX monitering- en beheertegnologie met CLAAS masjinerie beskikbaar te stel. ZYNX is een van die wêreld se voorste elektroniese beheer- en moniteringstelsels vir landboumasjinerie en maak opbrengsmonitering- en kartering met alle CLAAS stropers, asook stuurbeheer, veranderlike toediening deur middel  van strooier, spuit en planter beheer met CLAAS trekkers moontlik. Die modulêre komponente van die ZYNX-stelsel is opgradeerbaar en die stelsel is baie gebruikersvriendelik.

Die vennootskap met ITE verseker CLAAS boere van uitstekende plaaslike ondersteuning ten opsigte van beheer- en inligtingstegnologie produkte.