Sitemap  
Terms & Conditions  
Article
21 August 2006 CLAAS dien die boer met die beste tegnologie en diens
Brooke Browde Communications
Claas-trekkers se uitstekende gewigsverspreiding verhoog trekkrag, verbeter brandstof verbruik, verhoed dat die trekker wegsak en verminder grondverdigting.

CLAAS dien die boer met die beste tegnologie en diens.

Elke boer kan nou ‘n Claas kies wat sy taak presies pas – wat ook al die omvang of aard van sy boerdery. Dit beteken dat elke boer nou die voordele van Claas se moderne, kostedoeltreffende, intelligente tegnologie kan inspan om sy boerdery makliker en winsgewender te maak.

Boonop geniet die boer die knus gemoedsrus wat net die egte Claas familietradisie kan bied. Barloworld Equipment Agriculture en sy handelaars verseker al die rugsteun wat die boer nodig het.

En enige suksesvolle boer kan getuig: Claas se stropers, selfaangedrewe kuilvoerkerwers, trekkers, skyfsnyers, hooiligters, kragharke en baalmasjiene is baas. Daarvoor sorg hulle uitstekende gehalte, indrukwekkende kapasiteit, ongeëwenaarde produktiwiteit en kostedoeltreffendheid.

Trekkers maak kleingeld van groot werk.
 
Boere is steeds opgewonde oor Claas se skitterende reeks trekkers wat vanjaar met verskeie nuwe modelle uitgebrei is. Die hele reeks bestaan nou uit 14 modelle met 28 variasies van 49 tot 247 kW.
 
Dit sluit funksionele platformtrekkers teen uiters mededingende pryse in, maar ook hoëtegnologie-kajuitmodelle, wat die taaiste uitdagings troef en aan die grootste verwagtings van die Suid-Afrikaanse boer voldoen.
 
Claas-trekkers is in ‘n klas van hulle eie met optimale tegnologiebenutting en vindingskrag wat die boer se taak makliker maak. Daar is ‘n trekker presies vir elke toepassing in die ses mo-delreekse: die Nectis, Ceres, Celtis, Ares, Atles en Xerion.
Claas-trekkers staan hulle man kenmerk vir kenmerk, maar die drie eienskappe wat die meeste tot hulle gewildheid bydra is:

- As jy ‘n Claas koop, hoef jy nie elkers nog iets by te koop om hom sy werk te laat doen nie. Eienskap-pe wat by ander trekkers opsionele ekstras is, is by Claas-trekkers stan-daard spesifikasies. Dit beteken dat jy met Claas van die begin af optimum aanwending en werkverrigting geniet. Ook Claas se kleiner trekkers het ‘n uitstekende driepunthyser- en hidrouliese vermoë.

- Claas-trekkers se enjin-kragoordrastelselkombina-sies sorg vir beter werkverrigting per kilowatt en verstommende brandstof-ekonomie.

- Claas-trekkers se gewigsverspreiding is fyn gebalanseerd om krag op die mees doeltreffende manier na die grond oor te dra sodat ‘n kleiner Claas dikwels stof in ‘n groter gewone trekker se oë skop. Die uitstekende gewigsverspreiding verbeter brandstofverbruik, verhoed dat die trekker wegsak en verminder grondverdigting.
 
Claas reik nog hoër!
 
Asof die bestaande Claas-reeks waaroor boere so ingenome is nie genoeg is nie, het Claas nou met nog vier skitterende trekkers na vore getree:
 
Nectis 267
Die nuwe Nectis 267 is ‘n vierwielaangedrewe win-gerd- en boordtrekker van 73 kW. Die Nectis-reeks is by die EIMA-skou in Italië as die spesialistrekker vir 2006 aangewys. Die tegnologies gevorderde 267 stel boere in staat om hulle boorde en wingerde nou nog doeltreffender te bewerk.
 
Ares 500 en 600
Die nuut-ontwerpte Ares 500- en 600-reeks van 81 tot 103 kW bied nuwe hoogtes in operateursgerief, dienslewering en veelsydigheid.
Met Claas se nuwe Hexa-shift outomatiese ratkas en ten volle geveerde kajuit, en met tegniese funksies soos Infotrac, Drivetronic en Electropilot, sorg Claas dat die trekker al die swaar werk doen; nie die operateur nie.

Dit beteken dat die operateur baie meer produktief is en ‘n hoër mate van werkstevredenheid geniet. (Om die waarheid te sê, jy sukkel om enigeen van ‘n Claas-trekker af te sleep!)
 
Dié trekkers se verskeidenheid aanhegtingsopsies verhoog hulle veelsydigheid.
 
Atles 946
Die nuwe Atles 946 van 204 kW bied ontoegeeflike werkverrigting en die jongste tegnologie, tesame met betroubaarheid en gehalte. Sy moderne sessillinder turbo-dieselenjin van 7,2 liter skop ‘n magdom krag uit teen ‘n verrassend lae brandstofverbruik.
In die gerief van sy ten volle geveerde kajuit beheer die operateur alle funksies, ook die 18 vorentoe- en agt truratte, met die vingerpunte.

Die Atles 946 se agterste driepunt tel 12 ton soos ‘n veertjie op en die voorste stelsel 6,6 ton.
 
Xerion 3300 TRAC
Hierdie kragreus is die voorloper vir ‘n nuwe klas van supersterk trekkers met sy magtige 247 kW teen net 1 700 tot 1 800 opm. Teen dieselfde dieselbesparende enjinomwentelinge kan hy op die pad 50 km/h draf!
 
Sy oneindig aanpassende ZF Eccom 3.5-transmissie sorg dat jy deurentyd presies die regte ratverhouding en enjinspoed vir die vrag en snelheid wat vereis word handhaaf, sodat jy deurentyd die voordele van die beste krag en ekonomie kan geniet.
Sy vier ewe groot allemintige wiele sorg vir ‘n reusagtige vastrapspoor wat wielglip drasties verminder en sy vier-wielstuur sorg vir ratse be-weeglikheid soos jy nie by so ‘n groot trekker sou verwag het nie. Die groot spoor sorg ook dat die reus ligvoets trap om grondverdigting tot die minimum te beperk.

Hierdie onstuitbare, staalsterk trekker weeg 13 ton, maar hy kan 30 ton op sy raam en 12 ton op sy driepunt dra. Maar moenie dink hy is net spiere en geen brein nie – hy is tegnologies aan die voorpunt om die boer die perfekte oplossing vir ‘n wye reeks toepas-sings te bied – vanaf swaar grondvoorbereidingswerk tot padvervoer.
 
Trekkers hou naam hoog
 
Barloworld Equipment Agriculture se reeks stroop-, hooi- en groenvoerwerktuie van Claas het ‘n welverdien-de naam vir tegnologie, betroubaarheid en uitmuntende waarde vir geld verwerf.Die trekkerreeks wat verlede jaar daarby gevoeg is, word deur gehaltebewuste boere verwelkom en doen Claas se goeie naam eer aan. 
 
Volgens mnr Johan Joubert, bedryfsbestuurder vir Claas by Barloworld Equipment Agriculture, is die doel om ‘n volledige Claas-produkreeks te vestig as meganisasie-oplossing met die hoogste benutting van beskikbare tegnologie.
 
Hierdie oplossing moet voorsiening maak vir al die marksegmente – vanaf die boer wat praktiese, eko-nomiese werktuie soek tot die een wat ingestel is op medium- of hoëspesifikasie tegnologie.
 
Al hierdie nuttige tegnologie word natuurlik stewig gerugsteun deur net die mees toegewyde diens gebied deur Barloworld Equipment Agriculture se handelaarsfamilie regoor die land.
 
Claas bied die tegnologie wat die boer laat boer.

 
Claas se reeks stroop-, hooi- en groenvoerwerktuie het
'n naam vir tegnologie, betroubaarheid en waarde vir
geld verwerf.  Sy trekkerreeks is 'n waardige toevoeging.